Konstante van Planck

Die konstante van Planck, aangedui met h, is ’n natuurkundige konstante wat in alle vergelykings van kwantummeganika voorkom. Dit is genoem na die natuurkundige Max Planck, wat die konstante in 1900 ingevoer het by sy verklaring van die straling van swartstralers. Die konstante het die waarde: h = ( 6 , 626 069 57 ± 0 , 000 000 29 ) × 10 − 34 J ⋅ s {\displaystyle h=(6,\!626\,069\,57\pm 0,\!000\,000\,29)\times 10^{-34}\ {\mbox{J}}\cdot {\mbox{s}}} Dikwels word ook die gereduseerde konstante van Planck gebruik: ℏ = h / 2 π = ( 1 , 054 571 800 ± 0 , 000 000 013 ) × 10 − 34 J ⋅ s {\displaystyle \hbar =h/2\pi =(1,\!054\,571\,800\pm 0,\!000\,000\,013)\times 10^{-34}\ {\mbox{J}}\cdot {\mbox{s}}} Die konstante van Planck h is ingevoer vir die verband tussen frekwensie ν (Griekse nu) en energie E vir ’n ligkwantum (foton) volgens: E = h ν {\displaystyle E=h\,\nu }


Developed by StudentB